Gastehuis Hout Baai

Luukse Gastehuis Hout Baai

 

Gastehuis Kaapstad    Hout Baai Gastehuis - Swembad    Gastehuis Hout Baai

 

Hout Bay Hideaway is geleë in die perfekte omgewing – omring deur fynbos, palms, geelhout-, wilde olyf- en suurlemoenbome met asemrowende uitsigte oor berg, historiese vissershawe en bloue oseaan. Slegs 20 min vanaf die Kaapse middestad, bied die Hideaway luukse en privaat akkommodasie vir 9 persone.

 

Die 3 luukse suites en een woonstel is ruim toegerus met ekstra groot beddens en gemaklike leunstoele, antieke meubels en oorspronklike kuns en bied panoramiese uitsigte omraam deur manjefieke hout venters.

 

Toegang tot die wonderlike wild-groeiende tuin is onbeperk en ‘n besoek aan die rotse en grotte is ‘n moet! Daar is ook ‘n braai area en sonverwarmde, soutwater swembad beskikbaar vir die gebruik van gaste.

 

Maar die kersie op die koek, is die baie privaat, funksionele Victoriaanse bad onder die varings en bome! Voeg daarby ‘n glasie wyn en ‘n boek en dit word ‘n onvergeetlike bad-ervaring!

 

“Vir besoekers wat die maksimum privaatheid met die minimum steurnis verkies, is die Hout Bay Hideaway die perfekte keuse vir verblyf!”

 

Kamers:

Maak jouself tuis in goed toegeruste kamers wat versier is met “flair” en aandag aan die fynste besonderhede. Turkse matte, gemaklike leunstoele, sybokhaar komberse en oorspronklike kuns is ‘n fees vir die oog en siel…..

  • Groot houtvensters met meranti luike bied asemrowende uitsigte oor oseaan, berge, baai en tuin.
  • Ekstra lengte koningsgrootte beddens – dubbel of enkel met vars perkale linne
  • Groot, gemaklike leunstoele
  • Private dekke en prieële – perfek vir ontbyt
  • Televisie met individuele sateliet ontvangs
  • CD/DVD spelers
  • Kamerjasse
  • Badhanddoeke en ook swemhanddoeke
  • Verhitte handdoekreëlings
  • Dakwaaiers
  • Veilige parkering
  • Elektroniese brandkas – groot genoeg vir ‘n skootrekenaar
  • Haardroërs
  • Eko vriendelike toiletware
  • Ondervloerse verhitting
  • Komplimentere Wi-Fi
  • Kombuisie (weggesteek)
  • Skoonmaakdienste
  • Wasgoed diens
  • Daaglikse koerante
  • Sondekke met enkel en dubbel hangmatte
  • Vervoer kan gereël word
  • Lughawe vervoer kan gereël word
  • Dokter op roep
  • 24-uur sekuriteit

 

Gastehuis Hout Baai – Kontak

Visit Us On Facebook